Alfred Tennyson

Alfred Tennyson
Alfred Tennyson
Alfred Tennyson, 1ste Baron Tennyson, deur George Frederic Watts (1817–1904)

Digter-laureaat van die Verenigde Koninkryk
Ampstermyn
19 November 1850 – 6 Oktober 1892
Monarg Victoria
Voorafgegaan deur William Wordsworth
Opgevolg deur Alfred Austin

Persoonlike besonderhede
Gebore 6 Augustus 1809
Somersby, Lincolnshire, Engeland
Sterf 6 Oktober 1892 (op 83)
Lurgashall, Sussex, Engeland[1]
Kind(ers) 2, insluitende Hallam Tennyson, 2de Baron Tennyson
Alma mater Trinity College, Cambridge (geen graad)
Die wapenskild van Tennyson.[2]

Alfred Tennyson, 1ste Baron Tennyson (6 Augustus 18096 Oktober 1892), was 'n Britse digter. Hy was die Digter-laureaat van die Verenigde Koninkryk gedurende 'n aansienlike deel van Koningin Victoria se bewind, en is steeds een van die gewildste Britse digters. In 1829 is die goue medalje van die kanselier in Cambridge aan hom toegeken vir een van sy eerste stukke getiteld, "Timboektoe". Hy publiseer in 1830 sy eerste digbundel getiteld "Poems Chiefly Lyrical". "Claribel" en "Mariana", wat steeds van Tennyson se mees gevierde gedigte is, is in die bundel opgeneem. Alhoewel sy werk deur sommige kritici as té sentimenteel gesien is, het dit vinnig gewild geraak en die aandag getrek van bekende skrywers van sy dag, waaronder Samuel Taylor Coleridge. Tennyson se vroeë poësie, met sy middeleeuse en kragtige visuele beelding, het 'n groot invloed op die Broederskap van die Pre-Rafaëliete gehad.

Tennyson was ook vernuftig in die skryf van kort lirieke, soos "Break, Break, Break", "The Charge of the Light Brigade", "Tears, Idle Tears", en "Crossing the Bar". 'n Groot deel van sy verse is gebaseer op klassieke mitologiese temas, soos die Odussee, alhoewel "In Memoriam AHH" geskryf is om sy vriend Arthur Hallam, 'n tydgenoot en student aan Trinity College, Cambridge, te gedenk, nadat hy op 22-jarige ouderdom aan 'n beroerte oorlede is. [3]Tennyson het ook ander noemenswaardige gedigte geskryf soos "Idylls of the King" en "Tithonus". Gedurende sy loopbaan het Tennyson drama probeer skryf, maar sy toneelstukke het weinig sukses behaal.

'n Aantal frases uit Tennyson se werk het 'n algemene plek in die Engelse taal verkry, insluitend "Nature, red in tooth and claw" (In Memoriam AHH), "'Tis better to have loved and lost / Than never to have loved at all", "Theirs not to reason why, / Theirs but to do and die", "My strength is as the strength of ten, / Because my heart is pure", "To strive, to seek, to find, and not to yield", "Knowledge comes, but Wisdom lingers", and "The old order changeth, yielding place to new". Hy is die negende mees aangehaalde skrywer in The Oxford Dictionary of Quotations. [4]

  1. "British Listed Buildings Aldworth House, Lurgashall". British Listed Buildings Online. Besoek op 5 November 2012.
  2. Montague-Smith, P.W. (red.), Debrett's Peerage, Baronetage, Knightage and Companionage, Kelly's Directories Ltd, Kingston-upon-Thames, 1968, bl. 1091
  3. Stern, Keith (2007). Queers in History (2007 uitg.). Quistory Publishers.
  4. The Oxford Dictionary of Quotations (5th uitg.). Oxford University Press. 1999.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search